Local newsSport

Ringbal ‘n familiesport

'Die sport is perfek vir mense wat 'n sport soek wat die hele gesin aan kan deelneem. Die hele gesin kan speel – oud, jonk, man en vrou en selfs oumas en oupas' – Ringbalklub.

Die Greenhills Ringbalklub bestaan al meer as 40 jaar en wil graag vanjaar meer mense betrek.

Volgens afrigter Angelique Mare is ringbal ‘n gesinsport.

Lees ook: Spartans Karate Club brings home gold

“Dit is presies wat die sport so lekker maak. Die hele gesin kan speel – oud, jonk, man en vrou en selfs oumas en oupas. En as jy nie meer kan speel nie, kan jy afrig of ‘n spanbestuurder word om sodoende by die sport betrokke te bly. Daar word ook SA-kleure in alle ouderdomsgroepe toegeken.”

Sy het verder verduidelik, “Die afgelope paar jaar het slegs ons vrouespanne vir die Wesrand-liga ingeskryf maar ons beoog om vanjaar weer ‘n mans-span te hê.”

Lees ook: Teine ends year with touch rugby tournament

Angelique het bygevoeg dat Martin Joubert, ‘n voormalige Greenhills Ringbal-mansspeler en oudvoorsitter die mans-spanne vir 2023 sal afrig.

“Ringbal is glad nie ‘n moeilike sport om te speel nie en is net soos netbal. Enige persoon wat balvaardighede het kan die sport speel. Die sport is perfek vir mense wat ‘n sport soek wat die hele gesin aan kan deelneem. Daar is vandag nie meer baie sportsoorte waar ‘n hele gesin by betrokke kan wees nie maar ringbal is een van hulle.”

Sy het verder verduidelik die sport baie ontspannend is.

“Ons daaglikse lewe is so gejaagd dat daar nie meer tyd is vir familie om saam iets te doen nie. Kinders speel ook nie meer buite nie. Enige oefening is gesond en die beste medisyne vir depressie.”

Die Greenhills Ringbalklub oefen elke Dinsdag- en Donderdagaand van 19:00 tot 21:00 agter die Greenhills Sportstadion (dieselfde gronde as RandMark-klub).

Skakel vir Angelique by 082 417 7806 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button