RandMark gereed vir 947 Ride Joburg

Die 947 Ride Jourg is vir RandMark 'n groot hoogtepunt en sal 20 lede op Sondag, 20 November die strate van Johannesburg in vaar.

‘n Totaal van 20 RandMark-fietsryers is slaggereed om die strate van Johannesburg in te vaar vir vanjaar se 947 Ride Joburg.

Die fietswedren vind plaas op Sondag, 20 November – ‘n week na die 947 Ride Joburg MTB (bergfietswedren) plaasgevind het.

Klubwoordvoerder Lee Kotze het verduidelik dat van die RandMark-deelnemers reeds al in die winter begin oefen het om hul fiksheid op te bou. Daar is selfs ander lede wat reg deur die jaar geoefen het vir die wedren.

Sy het vertel dat hul wegspring by die FNB Stadion vir ‘n afstand van 97km maar daar is ook ‘n korter roete van 35km.

“Deelnemers het ook die opsie om deel te neem aan die ‘E-bike’ kategorie.

“Die 947 Ride Jourg is vir RandMark ‘n groot hoogtepunt waar selfs atlete besluit het om te begin deelneem. Daar is ‘n groot opgewondenheid tussen die klublede en RandMark word vir die wedren ook geborg deur die Blue Bottle Liquor Group en dit maak dit moontlik dat ‘n groter RandMark-span by die beginpunt gesien word.

Paul Kotze. Foto ingestuur.

“Om sekere dele van die roete te klim gaan dalk ‘n bietjie uitdagend wees maar hopelik sal die oefening wat elke lid ingesit het, vrugte afwerp. Dan, ter ondersteuning van RandMark-deelnemers sal hul geliefdes beslis by die eindstreep wag.”

Intussen het al vyf RandMark-lede wat die taai 947 Ride Joburg MTB aangedurf het, klaargemaak.

Volgens klubwoordvoerder Lee Kotze het die 25km-roete op Saterdag, 12 November plaasgevind en die 50km-roete op Sondag, 13 November.

“Ons kan met trots sê dat al die lede die wedloop voltooi het ten spyte dat dit ‘n modderige spul was weens die week se reën. Dit het boonop op die dag ook gereën maar ons het sterk gestaan en deurgedruk,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg die 50km-roete was verkort omdat die baan onveilig was vir fietsryers. Wegspringtyd is ook met 90 minute aangeskyf weens weerlig.

“Dit was uitdagend maar begfietsryers van RandMark het die beste daarvan gemaak. Ons het op die einde lekker gelag en stories gedeel hoe die modder ons geduld getoets het.”

 

Exit mobile version