Trots het oorgeloop tydens Randfontein Rugbyklub se jaareind- en prysuitdelingsfunksie wat op Vrydag, 11 November plaasgevind het.
Volgens klubbestuurder Lulu Kleyn is die doel van die glansgeleentheid ‘n jaarlikse instelling om die klub se spelers te beloon vir hul prestasies.
Tydens die verrigtinge is daar trofeë uitgedeel gevolg deur ‘n heerlike ete vir die spelers, komiteelede en gaste.
“Dit was ‘n uitmuntende seisoen en jaar van rugby. Die eerstespan was die Senior Groot Uitdaagreeks-wenners en het die halfeindrondte van die Memorial-beker gehaal, maar ongelukkig vasgeval. Ons tweedespan het dan die halfeindrondte van albei die Senior Groot Uitdaagreeks en Memorial-beker gehaal en uitgeval terwyl ons o20’s as die Senior Groot Uitdaagreeks- asook Memorialbeker-kampioene gekroon is. Dit was ook die eerste jaar wat ons vroue gespeel het. Hulle het derde geëinding. Die klub het dan ook aan verskeie sewestoernooie deelgeneem,” het Lulu gesê.
Volgens Lulu is die klub se planne vir volgende jaar om te voortbou op 2022 se sukses.
“Al ons spanne gaan in 2023 voluit gaan om die Senior Groot Uitdaagreeks te wen.”