Local sportSport

Teine-rugbyspelers vereer vir uitmuntende 2022-seisoen

Randfontein Rugbyklub het onlangs hul jaareind- en prysuitdelingsfunksie gehou om die mans- en vrouespelers te vereer vir al hul harde werk gedurende 'n uitstaande 2022 seisoen.

Trots het oorgeloop tydens Randfontein Rugbyklub se jaareind- en prysuitdelingsfunksie wat op Vrydag, 11 November plaasgevind het.

Hennie van Eck en Willem van Loggenberg ontvang die Beste Seniorafrigters-trofee vanaf die President, Jannie van Loggenberg. Foto: Biance Nortje.

Volgens klubbestuurder Lulu Kleyn is die doel van die glansgeleentheid ‘n jaarlikse instelling om die klub se spelers te beloon vir hul prestasies.

Tydens die verrigtinge is daar trofeë uitgedeel gevolg deur ‘n heerlike ete vir die spelers, komiteelede en gaste.

Ockert Esterhuizen oorhandig ‘n trofee aan Azile Gqolada vir Sportmangees van die Jaar. Foto: Biance Nortje.

“Dit was ‘n uitmuntende seisoen en jaar van rugby. Die eerstespan was die Senior Groot Uitdaagreeks-wenners en het die halfeindrondte van die Memorial-beker gehaal, maar ongelukkig vasgeval. Ons tweedespan het dan die halfeindrondte van albei die Senior Groot Uitdaagreeks en Memorial-beker gehaal en uitgeval terwyl ons o20’s as die Senior Groot Uitdaagreeks- asook Memorialbeker-kampioene gekroon is. Dit was ook die eerste jaar wat ons vroue gespeel het. Hulle het derde geëinding. Die klub het dan ook aan verskeie sewestoernooie deelgeneem,” het Lulu gesê.

Theuns Pieterse oorhandig ‘n Beste Vordering Dames trofee aan Bianca Raaths. Foto: Biance Nortje.

Volgens Lulu is die klub se planne vir volgende jaar om te voortbou op 2022 se sukses.

“Al ons spanne gaan in 2023 voluit gaan om die Senior Groot Uitdaagreeks te wen.”

Teine se o20-span onder leiding van Schalk Rabè, Ockert Esterhuizen en Rika Rabè ontvang ‘n trofee vir die Mees Verdienstelike Span. Foto: Biance Nortje.
Willem van Loggenberg oorhandig ‘n prag-memorabiliastuk aan Teine-eerstespanflank, Manny Rodrigues, wat sy tokse opgehang het. Foto: Biance Nortje

 

Related Articles

Back to top button