Oud-Teinespelers vier weer gesellige samekoms

Die reënerige en koel weer het nie die manne gestop nie en talle oud-spelers het bymekaar gekom vir 'n heerlike reünie.

Talle oud-Teinespelers het weer vanjaar bymekaargekom vir ‘n gesellige geleentheid om te kuier, op te vang en lekker te eet.

Die oud-Teinespelers het weer bymekaar gekom vir ‘n gesellige kuier.
Rudy van Rensburg en Willie Wray.

Die reënerige en koel weer het nie die manne gestop nie en die oud-spelers het op Vrydag, 4 November bymekaargekom vir ‘n heerlike varkspit en potjie by die Randfontein Rugbyklub.

Een van die organiseerders Frans le Grange vertel dat die hele geleentheid begin het as gevolg van een van die lewenslange erelede van die rugbyklub, Christo Oosthuizen, wat dit geïniseer het.

Chris Labuschagne en Johnny Smith.
Louis Calitz en Wielle du Plessis.

“Ons het gekyk of ons nie weer al die oud-rugbyspelers van Randfontein wat goed gedoen het in die dorp en wat ook in besigheid goed gedoen het, bymekaar kan kry nie, en bietjie reünie te hou.”

Andrè Rossouw en Willie Pretorius.
Chris Labuschagne en Attie van Vuuren.

Johan Kruger van JK Slaghuis het besluit om weer ‘n vark te borg vir die spit. Van Wyk en Oosthuizen Prokereurs het besluit hul sal ook die geleentheid borg om dit vir die manne maklik te maak om bymekaar te kan kom.

Johan Kruger met die heerlike varkspit.
Evert Potgieter.

“Ons hoop en vertrou dat die mense wat hier was, dit geniet het.”

Frans le Grange, dr Okkie Dipper, Johan Kruger en Rudy van Rensburg.
Sakkie Pretorius, Fanie Schoonraad en Riaan Hoeksma.
Seef le Roux geniet die middag.
Pieter Daneel en Dave Garnett.
Gert van Rooyen en Hendrik (Koekoes) Viljoen.
Fergus Conn is die oudste rugbyspeler op die ouderdom van 93 jaar.
Piet van der Westhuizen en Frans le Grange.
Etienne van Rensburg by die smaaklike potjie.
Exit mobile version