Plaaslike renjaer laat ander les opsê

Besigheidseienaar en renjaer Mackie Adlem wen Mobil 1 V8 Supercars vir die sesde jaar in 'n ry!

Mackie Adlem is nie net die eienaar van ‘n plaaslike Shell fulstasie en Adlem Auto nie, hy is ook ‘n briljante renjaer.

Die 41-jarige Mackie was onlangs vir die sesde keer in ‘n ry die wenner van die Mobil 1 V8 Supercars gekroon wat onlangs in Kaapstad plaasgevind het.

Daar is agt rondtes per kampioenskap en elke rondte het ‘n oefening, ‘n kwalifisering en twee wedrenne.”

Daar is tussen agt tot 12 rondtes om die baan per wedren. Die topspoed wat Mackie om die baan ry is ongeveer 320km per uur en gelukkig het hy nog nooit ‘n ernstige besering opgedoen nie.

Mackie Adlem met die Sparco meisies en sy kar. Foto: Sparco.

Hy het die titel in sy Jaguar XKR gevat en verduidelik dat dit ‘n wonderlik gevoel is om te wen en dat dit ook ‘n groot seën is.

Wanneer dit kom by sy kar, is hul ‘n span genaamd Adlem Auto Racing wat die motors bou en onderhou.

“Ek is in die formule-klas sport al vanaf 1999 en die passie en adrenalien wat die sport my gee is lekker. Ek het besluit om dit te begin doen want dit hardloop in ons familie al vandat ek gebore is.”

Vir sy toekoms in die sport het hy vertel dat hy beplan om te groei, verbeter en terug te ploeg in die sport in.

Mackie Adlem in aksie in Kaapstad. Foto: Collin Brown.
Mackie Adlem bid voor die wedren. Foto: Collin Brown.
Exit mobile version