KidsLocal newsLocal sportSport

Teine se jeug tydens prysuitdeling vereer

Daar was 'n totaal van 137 sertifikate en medaljes aan seuns asook meisies oorhandig.

Randfontein Rugbyklub het onlangs vir hul spelers van die Randfontein jeug afdeling vereer tydens ‘n prysuitdelings wat van Maandag, 17 Oktober tot Donderdag, 20 Oktober gehou is.

‘n Totaal van 137 sertifikate en medaljes is aan beide seuns- en dogters spelers oorhandig.

Die voorsitter van die junior klub, Riaan Eloff het vertel dat die prysuitdeling gehou is om erkenning te gee aan elke speler wat deelgeneem het aan klubrugby in 2022. Elke speler het ‘n sertifikaat en medalje ontvang.

“Daar word elke jaar ‘n prysuitdeling gehou om erkenning te gee aan spelers vir hulle harde werk vir die seisoen. Die prysuitdeling was afsonderlik gehou vir elke ouderdomsgroep en dit was baie suksesvol.”

Hy het gesê dat junior klubrugby baie sterk in Randfontein is en is ook die voedingsaar vir die senior klub en hulle weet hul gaan net van krag tot krag in die komende seisoene.

“Baie dankie aan die spelers, ouers, afrigters en spanbestuurders wat so gereeld ver gery het vir wedstryde en hulle kinders ondersteun in die spel wat ons so lief het. Dit was baie lekker om met die kinders te werk aangesien ek altyd met die groot manne en dames betrokke is by die seniorklub.”

Die rugbyklub se o7-span. Foto: Elain Erasmus.
Die rugbyklub se o8-span. Foto: Elain Erasmus.
Anjanka Barnard, Zanthè van der Merwe en Aurikel O’Reilly. Foto: Elain Erasmus.

 

Related Articles

Back to top button