Vier RAM-skuts in provinsiale span

'Daar word slegs 16 skuts uit die hele provinsie gekies en RAM is trots om te sê dat vier van ons skuts die spanne gehaal het' – skoolwoordvoerder.

Die boogskietseisoen het onlangs sy hoogtepunt vir Laerskool Randfontein se skuts bereik.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat na ‘n vol jaar van minstens twee kompetisies per maand en twee weeklikse oefeninge is die provinsiale spanne se skuts aangekondig.

Lees ook: RAM-skuts skiet voltreffers

“Daar word slegs 16 skuts uit die hele provinsie gekies en RAM is trots om te sê dat vier van ons skuts die spanne gehaal het.”

Hennie Schutte, Riaan Celliers, Leano Moiloa en Zinelle Smit is al vier in Graad 7 by RAM.

Sy het vertel dat die Suid-Afrikaanse Interskole en Interprovinsiale kompetisie vanjaar op 5, 6 en 7 Oktober in die Paarl plaasvind waartydens die provinsiale skuts teen die ander provinsies se bestes sal skiet.

Laerskool Randfontein se RAMkatskuts het ook gekwalifiseer vir die Interskole Kampioenskappe. Almal is baie opgewonde en kan nie wag daarvoor nie,” het Annie gespog.

Exit mobile version