School sportSport

Moddies hou Westonaria se naam hoog in netbal

Laerskool Modderfontein Primary se o.12B-netbalspan is onlangs as die D2-liga- en D2- kampioenskapwenners aangewys.

Laerskool Modderfontein Primary is trots op hul o.12B-netbalspan wat puik presteer het tydens die D2-liga en D2-kampioenskappe.

Netbalwoordvoerder Pauline Dobson het vertel dat hulle onlangs aan die uitspele in Carletonville by Laerskool Dagbreek deelgeneem het waartydens hulle die D2-liga gewen het, en daarna ook die D2-kampioenskappe by Laerskool Protearif gewen het.

Elke speler het ‘n gouemedalje ontvang vir hulle puik prestasies.

Moddies is baie trots op die span en wat hulle bereik het nadat ons so lank nie kon sport beoefen as gevolg van Covid-beperkings nie. Hulle is nie net ‘n span wat reik na die beste nie, maar hul spangees en liefde vir netbal is iets waarna ons almal kan streef,” het Dobson gesê.

Sy het vertel dat hulle nie net hard gewerk het nie maar ook hard gespeel het.

Related Articles

Back to top button