School sportSchoolsSport
Hasie-ore oftewel mini-krieket by RAM
Vyf skole het die middag by Laerskool Randfontein kom geniet en lekker krieket gespeel.
Laerskool Randfontein het ‘n minikrieketdag op hul skool se velde gehou en talle skole genooi om die dag te geniet.
Organiseerder Francois Keyter het vertel dat die dag ‘n sukses was.
Skole wat die minikrieketdag op Woensdag, 17 Augustus bygewoon het was Laerskool Rapportryer, Laerskool Gerrit Maritz Primary, Laerskool Westgold Primary, Randfontein Primary School, Toekomsrus Primary School en Laerskool Randfontein.
“Dit is lekker om te sien hoe kinders dit geniet en hul harte uitspeel, want dit is tog waar die kinders ‘n liefde vir die sport begin kry.”