Local sportSport

Teine te goed vir Raiders in Memorial-kragmeting

Twee Randfontein Rugbyklubmanspanne het Raiders in 'n Memorialbeker-kragmeting laat les opsê, terwyl die Teine Girls geseëvier het teen Zondi.

Daar was groot gees by die Randfontein Rugbyklub toe die Teine vir Raiders Rugbyklub tydens ‘n Memorial Cup-kragmeting op Saterdag, 6 Augustus aangevat het.

Klubbestuurder Lulu Kleyn het vertel dat die rugbyspelers, toeskouers en almal betrokke in ‘n goeie luim was en dat almal die dag geniet het.

Staan opsy, hier kom Junior Phalatse! Foto: Michelle Roodt.

Sy het vertel dat die wedstryde by die House of Pain gevolg is deur nog beter rugby na die tyd in die kroeg, waar die spelers en toeskouers na die Springbokke se wedstyd teen Nieu-Seeland gekyk het.

Ons is trots op elke speler en baie trots op al die spanne; hulle is goed voorberei vir hul volgende wedstryd, dié keer teen die Universiteit van Johannesburg,” het Kleyn gesê.

Randfontein se o.20’s het Raiders met ‘n uitstekende 54–3 geklop. Teine se tweedespan het ongelukkig 12–22 verloor, maar die eerstespan het daarvoor vergoed deur Raiders se eerstespan met 50–24 kaf te draf.

Die Teine Girls, wat ook die dag in aksie was, het hul wedstryd teen Zondi by Marks Park in Emmarentia 14–12 gewen.

Dylan Viviers het sy oog op die doellyn. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button