Local sportSport

Teine draai die krane oop teen Khosa

Khosa bevind hulle in gedugte geselskap.

Op 23 Julie is toeskouers by Krugersdorp High School getrakteer op klipharde klubrugby toe Randfontein Rugby Klub en Buco Honeydew Khosa Rugby Klub mekaar gepak het as deel van die Memorial Cup.

In al drie wedstryde – o.20’s, tweedes en eerstes – het die spanne lus gelyk om die pap dik aan te maak maar telkens het Teine getriomfeer. Die Teine o.20’s het Khosa afgerantsel met 22–3, en Teine se tweedespan het Khosa ‘n nog bitterder pil laat sluk toe hulle die Krugersdorpers 35–5 geklop het.

In die wedstryd tussen die twee eerstespanne het beide spanne vir heelwat opwinding gesorg, maar teen die tyd dat die eindfluitjie geblaas het kon Teine die veld breëbors verlaat met ‘n telling van 19 punte teenoor Khosa se 10.

Khosa kan beslis nog drama verwag as hulle die komende naweek (30 Julie) die Pukke in Potchefstroom pak.

Basil Rodrigues van Buco Honeydew Khosa Rugby Klub maak die manne van Randfontein Rugby Klub ‘n bietjie skrik.

Related Articles

Back to top button