School sportSport

Kampioene in GLRU-liga vir hoërskole by Teine beslis

Hier is al die Goue Leeus Rugby Unie se ligawenners vir hoërskole van 0.14 tot eerstespan in afdelings 2 tot 5B. Al die eindstryde het onlangs by Randfontein Rugbyklub plaasgevind.

Talle hoërskole het op Saterdag 23 Julie by Randfontein Rugbyklub, beter bekend as die House of Pain, bymekaargekom vir verskeie eindstryde in die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) se liga vir hoërskole.

Goeie sportmangees het onder al die spelers geheers en elke span het net hul beste gegee. Daar het ook uitmuntende gees onder die talle toeskouers geheers wat die spelers tydens hul wedstryde aangemoedig het.

Junior Zimila van Hoërskool Westonaria High School ontduik ‘n verdediger.

Die GLRU-voorsitter vir Hoërskole, Tinus Diedericks, het vertel hoe ‘n groot sukses die dag was.

Ons kon vir twee jaar nie einstryde speel nie. Die feit dat dit kon plaasvind was inderdaad baie lekker en almal het dit terdeë geniet. Die terugvoer van die skole af was ook baie goed.”

Toe Diedericks se mening oor die stand van skolerugby in ons land gevra is, het hy verduidelik dat Covid-19 ‘n groot rol gespeel het.

“Dit gaan ‘n jaar of drie vat om weer op die vlak te kom waaraan almal gewoond was voor die pandemie, veral op skolevlak en by kleiner skole wat nie noodwendig finansieel sterk is nie.”

Diedericks bedank ook Randfontein Rugbyklub vir die gebruik van hul velde en geriewe.

Teine is immers die klubkampioene …

Lees ook: Teine bring Senior Groot Uitdaagbeker huistoe!

Luyanda Cenge van Hoërskool Roodepoort in aksie.

Die uitslae is soos volg:

o.14:

• Afdeling 3: Hoërskool Riebeeckrand 36–12 Hoërskool Fochville
• Afdeling 4: Hoërskool Bekker 5–10 Allen Glen High School
• Afdeling 2: Hoërskool Randburg 26–14 Hoërskool Dinamika

o.15:

• Afdeling 5A: Wonderfontein High School 14–24 Hoërskool Westonaria High School
• Afdeling 4: Allen Glen High School 33–17 Carletonville Hoërskool/High School
• Afdeling 3: Hoërskool Linden 18–23 Hoërskool Riebeeckrand
• Afdeling 2: Hoërskool Randburg 13–12 Hoërskool Dinamika
• Afdeling 5B: Germiston High School 0–31 Marist Brother Linmeyer

Luthando Mathenjwa in aksie.

o.16:

• Afdeling 4: Hoërskool Goudrif 17–20 Allen Glen High School
• Afdeling 3: Hoërskool Riebeeckrand 15–17 Hoërskool Linden
• Afdeling 2: Hoërskool Randburg 21–27 Hoërskool Dinamika

o.17A:

• Afdeling 5A: Hoërskool Die Wilge 49–0 Hoërskool Roodepoort

Eerstespan (18):

• Afdeling 5B: Hoërskool Vryburger High School 5–31 Marist Brother Linmeyer

Terry Billa op pad doellyn toe.

Eerstespan (19):

• Afdeling 5A: Hoërskool Die Wilge 7 – 14 Hoërskool Roodepoort

Eerstespan:

• Afdeling 4: Carletonville Hoërskool/High School 38–28 Allen Glen High School
• Afdeling 3: Hoërskool Fochville 23–22 Hoërskool Bastion
• Afdeling 2: Hoërskool Randburg 12–43 Hoërskool Florida

Related Articles

Back to top button