Local sportSport

Hou bene hou!

Die roete was ongeveer 1.2km lank en selfs die personeel het aan 'n aflosresies deelgeneem.

Laerskool Rapportryer se leerders het onlangs hul uithouvermoëns gewys toe hulle aan die skool se jaarlikse masssalandloopbyeenkoms deelgeneem het.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat die byeenkoms op Woensdag 22 Junie afgeskop het met die o.7’s, o.8’s en o.9’s wat eerste saam weggespring. Daarna het elke ouderdomsgroep tot by die o.13’s en o.14’s afsonderlik weggespring.

Estian Vermeulen, AJ Sinden, Jasin Breedt en Evan Botha in aksie tydens die landloop. Foto verskaf.

“Die roete was ongeveer 1.2km lank en as beloging vir die leerders se volharding het elkeen wat die wedloop voltooi het, ‘n ysie ontvang.”

Die dag het op ‘n hoogtepunt geëindig tot groot vermaak van die leerders toe die manspersoneel teen die damespersoneel in ‘n aflosresies meegeding het. Die mans het van die wegspring af alles uitgehaal en is as die wenners van die dag gekroon.

Laerskool Rapportryer se leerders het die masssalandloopbyeenkoms baie geniet. Foto verskaf.

“Daar was ook ‘n groot kompetisie tussen die onderskeie skoolspanne om te sien wie die meeste punte in hierdie sportsoort te kon kry. Die Koedoes het in die derde plek geëindig met 158 punte; die Springbokke het die tweede plek behaal met 158 punte; en die Elande het as die algehele wenners van die dag met 209 punte weggestap.”

Esme het verduidelik dat alhoewel dit koud en winderig was, was die dag ‘n reuse sukses en die Landlooporganiseerder, Mariska van der Merwe, bedank elkeen wat deel daarvan was.

Related Articles

Back to top button