Hierdie dames het Brutal Force!

Randfontein se eie aksienetbalspan is vinnig besig om hul stempel af te druk.

Randfontein se eie aksienetbalspan genaamd Brutal Force is vinnig besig om vir ander spanne hul staal te wys.

Spankaptein Elize Venter het vertel dat hierdie seisoen die eerste keer is dat hulle almal aksienetbal speel en vir baie van die dames is dit die eerste keer dat hulle netbal speel.

“Ek het die span op die been gebring sodat daar iets is om te doen wat nie net werk en vrou wees behels nie, en sodat ons kan fiks word sonder om by ‘n gym aan te sluit, want almal kan nie by die gym uitkom nie. Op hierdie manier kan ons alles tegelyk doen en dan nog nuwe vriendinne maak.”

Op Maandag, 27 Junie het Brutal Force hul derde wedstryd van die nuwe liga teen die Diamonds gespeel maar het ongelukkig 13–19 verloor.

Hulle het vroeër drie oefenwedstryde gespeel net om die sport te leer ken omdat baie dames nie geweet het hoe om aksienetbal te speel nie. Hulle moes dus hard werk en baie oefen om as ‘n span te kan speel.

Alisha Weeber, Mariana Coetzer en Elize Venter. Foto: Michelle Roodt.

“Ons was trots en baie bly toe ons van die baan afstap, want ons voel ons het, vir ‘n nuwe span, ‘n baie goeie wedstryd gehad. Ons het alles gedoen wat ons as ‘n span saam geoefen het en het mooi met die ander span bygehou.”

Elize het verduidelik dat aksienetbal ‘n vinnige sport is wat baie fiksheid en strategie vereis wat jou adrenalienvlakke opstoot en jou nog meer wil laat speel.

Ek hou van die spangees en om dit saam met my vriendinne te kan geniet.”

Hulle speel in Krugersdorp omdat die naaste aksienetbalbane daar is. Hule speel ook tans elke tweede Maandag ligawedstryde.

Exit mobile version