Local sportSport

RandMark begin soektog na eerste tweekamp-klubkampioen

Die deelnemers kon kies of hulle aan 6km hardloop, 20km fietsry en dan weer 4km hardloop, of 4km hardloop, 10km fietsry en dan weer 2km hardloop wou deelneem.

Talle fietsryers en hardlopers van RandMark het onlangs aan die eerste van drie tweekampe by die klubhuis deelgeneem.

Klubwoordvoerder Lee Kotze het vertel dat die tweekamp op Saterdag 18 Junie plaasgevind het. Hoewel die dag koelerig begin het, het dit deur die dag lekker warm geword.

Die deelnemers kon kies of hulle aan 6km hardloop, 20km fietsry en dan weer 4km hardloop, of 4km hardloop, 10km fietsry en dan weer 2km hardloop wou deelneem.

Die RandMark-tweekamp is ‘n jaarlikse geleentheid waar hardlopers en fietsryers die oggend saam spandeer. Die doel is om hulle bymekaar te kry want daar is nie baie geleenthede deur die jaar waartydens die twee dissiplines bymekaar kom nie.”

Sy het vertel dat omdat daar nie baie wedlope in die winter is nie, hou die tweekamp die deelnemers aan die gang want daar moet daarvoor geoefen word.

“Vanjaar het RandMark ‘n nuwe tweekampverteenwoordiger, Bruce Minnie, wat weer die tweekamp so ‘n groot sukses wil maak soos dit in die verlede was. Die tweekamp word elke jaar drie keer in die winter aangebied. Daar is nog twee tweekampe op die pad en een sal ‘n cross duathlon genoem word wat op grondpad sal plaasvind,” het Lee verduidelik.

Sommige van die lede wat deelgeneem het aan die tweekamp. Foto verskaf.

Lee het vertel dat daar vanjaar nie net dagwenners aangewys sal word nie, maar ook reekswenners. Die reekswenners (indien ‘n RandMark-lid) sal aangewys word as RandMark se eerste tweekamp-klubkampioen.

Enige iemand kan aan die reeks deelneem, nie net RandMark-lede nie. Mense kan ook in spanformaat deelneem.”

Gedurende die eerste tweekamp het die nuwe afstande gesorg vir groot opwinding aangesien dit langer is en ‘n groter uitdaging bied. RandMark-lede is egter lief vir hul uitdagings en die langer afstand is verwelkom.

“Nadat almal ‘n worsbroodtjie geëet het en iets koud gedrink het, was daar ‘n gesellige atmosfeer in die klubhuis. Daar is oor strategieë gesels en stories vertel. Ons kan reeds nie wag vir die volgende een nie.”

Lanese Forbes, Andre Breedt en Maude Badenhorst. Foto verskaf.

Die wenners is soos volg:

6km hardloop, 20km fietsry en 4km hardloop:

• Mans – Andre Breedt (eerste), Jan-Hendrik Visser (tweede) en Thinus Forbes (derde)
• Dames – Maude Badenhorst (eerste) en Beulah Botha (tweede)

4km hardloop, 10km fietsry en 2km hardloop

• Dames – Lanese Forbes (eerste), Megan Rowan (tweede) en Lee Kotze (derde)

Lee Kotze op haar fiets. Foto verskaf.
Bruce Minnie op sy fiets. Foto verskaf.

Related Articles

Back to top button