Gewone oefeninge? Aikona …. spring jouself fiks!

Melanie Cronje en haar vennote Ilze Joubert en Anica van der Westhuizen van Jumping Queens het die Herald meer vertel van rebound-fiksheid en watter voordele hierdie tipe oefening vir jou inhou.

‘n Oefensessie op ‘n trampolien klink mos baie lekkerder as die doodgewone stap of draf om die blok.

Melanie Cronje en haar vennote Ilze Joubert en Anica van der Westhuizen van Jumping Queens het die Herald meer vertel van rebound-fiksheid en watter voordele hierdie tipe oefening vir jou inhou.

Melanie het verduidelik dat rebound-oefeninge op ‘n rebounder-trampolien gedoen word waarop jou liggaam tot 100 keer per minuut bons.

Mens kan enige oefening op ‘n rebounder doen. Aangesien daar 75% gravitasie is, is daar nie stremming op ou beserings nie. Jy kan opstote, burpees, crunches, high knees, jumping jacks, opsitte en soveel meer doen. Ons werk ook met rekke en 2kg-handgewigte op die rebounder,” het Melanie vertel.

Sy het verduidelik dat rebound definitief ‘n hoë-intensiteitoefening is maar dit voel nie soos harde werk nie want dit is lekker en daar is groot pret. “Met die gravitasie werk mens baie hard, jy voel dit net nie.”

‘n Paar voordele van rebound:

• Die hele liggaam kry oefening
• Jou limfatiese stelsel word skoon gewas
• Die oefeninge gee jou energie en maak jou sterk
• Die voordelige serotonien en dopamien word in jou brein uitgeskei
• Dit is ‘n stresverligter en help mens ontspan
• Dit help met balansering en oogkoördinasie
• Help met gewigverlies

Ilze Joubert en Melanie Cronje spring op die rebounders. Foto: Michelle Roodt.

Melanie het vertel dat hierdie oefeninge ook gesondheidsvoordele inhou vir mense met byvoorbeeld ou knie-, enkel- en skouerbeserings aangesien hulle die oefeninge met gemak kan doen want dit plaas geen stremming op ou beserings nie.

Een van die belangrikste dinge wat die oefening doen is om jou limfatiese stelsel skoon te maak.”

Sy het verduidelik dat rebound-fiksheidsoefeninge geskik is vir mans en vroue, oud en jonk.

Exit mobile version