Local sportSport

Teine bring Senior Groot Uitdaagbeker huistoe!

Randfontein Rugbyklub se eerstespan en o.20's is Saterdag 11 Junie as vanjaar se Senior Groot Uitdaagbeker-kampioene gekroon.

Beide Randfontein Rugbyklub se eerstespan en o.20’s is as vanjaar se Senior Groot Uitdaagbeker-kampioene gekroon na spogoorwinnings teen Germiston Simmer in die eindstryd op Saterdag 11 Junie.

Die wedstryde was op eie bodem in Randfontein gespeel en Teine het nie teleurgestel nie. Teine se eerstespan moes wel vasbyt om 28-22 te seëvier terwyl die o.20’s gemaklik 34-10 gewen het.

Die vieringe was fenomenaal en iets om te beleef.

“Dit is die eerste keer sedert 2019 wat die Senior Groot Uitdaagbekerkompetisie plaasgevind het weens die pandemie. Slegs ons derdespan het toe deurgedring en die beker in 2019 gewen.

Ons is geweldig trots op die manne,” het Klubbestuurder Lulu Kleyn gesê.

Verdedigers sukkel om Dee-Je Van Rhyn, Teine-eerstespanslot, grond toe te bring. Foto: Michelle Roodt.
Stef Calitz in aksie vir Teine. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button