Local sportSportUpdate

Dis Teine teen Germiston Simmer vir die titel

Die twee plaaslike spanne sal op 11 Junie in 'n stryd met Germiston Simmer gewikkel wees om die titel hulle s'n te probeer maak.

Randfontein Rugbyklub se o.20’s en eerstespan het hul plek in die eindstryd van die Senior Grand Challenge op Saterdag, 11 Junie bespreek.

Die twee plaaslike spanne sal in ‘n stryd met Germiston Simmer gewikkel wees om die titel hulle s’n te probeer maak.

Lees ook: Teine slag Union, kwalifiseer vir halfeindstryd

Die aksie sal by die gasheer, Randfontein Rugbyklub wees.

Teine se direkteur van rugby Hennie van Eck het vertel dat hierdie ‘n puik prestasie is en dat dit altyd vir hulle lekker is om in ‘n finaal te speel.

Die klub is dankbaar dat dit ‘n goeie jaar was. Ons tweede- en derdespan het in ekstra tyd in die semifinaal uitgeval, daarom kan ons dit as ‘n baie geseënde jaar vir die klub beskou. Alles wat nou gebeur help ons om aan ons toekoms te bou.”

Hy het vertel dat daar baie jong seuns is wat deurkom en hoewel hulle die toekoms van klub is, moet mens moet ook nie die ouer spelers vergeet nie.

“Daar is nog baie seniorspelers wat reeds groot rugby gespeel het. Eerstespanspelers Theo Calitz en Rudi Marx het byvoorbeeld al meer as 250 eerstespanwedstyde vir Teine gespeel. Dit is die tipe senior spelers wat ons in die klub het.”

Die tye van Saterdag, 11 Junie se wedstryde is soos volg:

• Randfontein o.20 teen Germiston Simmer o.20 – afskop is om 13:00.
• Randfontein se eerstespan teen Germiston Simmer se eerstespan – afskop is om 16:15.

Die klub vra dat almal in Randfontein sal saamtrek en die klub kom ondersteun in die finaal.

Dit gaan ‘n lekker dag wees vol pret, en ons wil graag hê almal moet dit bywoon,” het Hennie vertel.

Related Articles

Back to top button