Local MotoringLocal sportMotoringSport

Liefhebbers spog met hul motors vir ‘n goeie doel

Al die geld wat ingesamel is, is aan die einde van die dag aan 'n plaaslike vrou geskenk wat aan borskanker ly.

Plaaslike motorliefhebbers het onlangs ‘n Cancer Charity Run ondersteun om geld in te samel vir iemand wat aan borskanker ly.

Een van die organiseerders Willem Posthumus het verduidelik dat die 707Legends Crew besluit het om op Saterdag, 28 Mei ‘n motorskou by Highway Bike and Car Wash te hou om geld in te samel vir ‘n plaaslike borskankerlyer.

Die skou was ‘n baie groot sukses en ons is baie bly oor almal se ondersteuning,” het Willem vertel.

Hy het verduidelik dat hulle al die geld wat ingesamel is aan die einde van die dag vir die inwoner gegee het, saam met ‘n trofee om vir haar te wys hoe ‘n sterk vrou sy is en dat sy vir hulle as span bewys dat almal sterk kan wees deur moeilike tye.

Dawie Vorster met sy Nissan Sentra Mark 2. Foto: Michelle Roodt.
JJ Olivier saam sy Nissan 1400. Foto: Michelle Roodt.
Johan Trytsman met sy Mahindra-bakkie. Foto: Michelle Roodt.
Quinton van Tonder met sy Audi A4 2L TDI. Foto: Michelle Roodt.
Willem Posthumus met sy Renault Sandero. Foto: Michelle Roodt.
Rika Botha met haar Audi A4 1.9 TDI. Foto: Michelle Roodt.
Johan Botha met sy Audi A4 2.8 V6. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button