Riebeeckrand spog met puik netbalspeler

Lwandle Moreki gaan in Junie aan die proewe deelneem vir 'n plek in die SA-span.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op een van hul netbaldogters wat onlangs in die Gauteng-netbalspan opgeneem is wat in Junie aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat slegs 20 o.14-spelers in Gauteng gekies is vir hierdie groot geleentheid, waarvan Lwandle Moreki een is.

Agt van ons netbaldogters is in die D2-span opgeneem wat toe aan die JOMO-proewe deelgeneem het, en ses van hulle het die JOMO-span gehaal waarna hulle aan die eerste rondte van die Gauteng-proewe deelgeneem het.”

Elzeri het vertel dat slegs een van hul leerders, Lwandle Moreki, in die Gauteng-span opgeneem is en gaan van Sondag, 26 Junie tot Woensdag, 29 Junie aan die proewe deelneem vir ‘n plek in die SA-span.

Sy het verduidelik dat Riebeeckrand se netbalspelers nog altyd uitstekend presteer het.

Die skool se spanne het ook onder die top tien uit die 16 skole geëindig wat aan die PUK-reeks deelgeneem het:

• o.14: Vyfde
• o.15: Negende
• o.16: Vyfde
• Tweede span: Tiende
• Eerste span: Vyfde

Riebeeckrand is baie trots op al hul netbaldogters en wens Lwandle sterkte vir die SA-proewe.

Exit mobile version