School sportSport

Spoggeleentheid vir Rappies se eerstespan-rugbyspelers

Die skool het onlangs 'n 'capping'-seremonie gehad vir die rugbyspelers.

Laerskool Rapportryer het op Dinsdag, 3 Mei ‘n spoggeleentheid vir hul eersterugbyspan by Rapsodie in die vorm van ‘n ‘capping’-seremonie gehou.

“Ons mansafrigters en personeel het gevoel ons wil graag trots, tradisie en gees terugbring in ons skool,” het skoolwoordvoerder Esme Botha vertel.

Sy het verduidelik dat hulle in 2019 hul rugbytruie weer na die tradisionele maroen-en-goud bloktrui verander het, en die seunseerstespan het ook ‘n pet bygekry. Die pet is dieselfde kleur as die trui en Laerskool Rapportryer se trotse skoolwapen pryk daarop.

Nou hoekom die pet? Daar is goed in ons lewe wat net beter raak met verloop van tyd; wat jaar na jaar karakter kry. Dit is soos vellies – na jare se dra gaan die pet steeds by jou wees, net met meer karakter. Dit is wat die pet en rugby in gemeen het … karakter.”

Sy het vertel dat rugby jou leer om op te staan wanneer alles in mekaarsak, en om jou voete op die grond te hou as alles goed gaan. ‘n Speler is nooit te groot vir die spel nie en die sport leer jou om saam te werk as ‘n span, wanneer om te luister en wanneer om jou hand op te steek en te doen.

Laerskool Rapportryer se eerstespan-rugbyspelers met hul pette. Foto ingestuur.

“Al hierdie eienskappe vorm jou karakter en dit maak jou ‘n beter speler op die veld, maar ook ‘n beter mens van die veld af.”

Esme het vertel dat Johan Esterhuizen (Hammer), ‘n voormalige Rappies-onderhoofseun, ‘n Monnas o.18 Cravenweekkaptein; en ‘n Goue Leeus o.19-, o.20- en 7’s-speler gedurende die spoggeleentheid met die seuns gesels en hulle gemotiveer het.

Ons rugbyafrigters en personeel is baie trots op al ons rugbyseuns.”

Related Articles

Back to top button