Hoërskool Riebeeckrand het uitgeblink tydens vanjaar se finaal van die PUK-reeks wat van Vrydag, 22 tot Saterdag, 23 April aangebied is.
Riebeeckrand het op verskeie vlakke presteer, soos in rugby, hokkie, netbal asook skaak.
Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat hul o.16-rugbyspan aangewys is as die wenners van die 0.16 PUK-reeks.
Daar het 15 skole in Potchefstroom meegeding, en Hoërskool Riebeeckrand is baie trots daarop dat hulle uit al daardie skole vyfde geëindig het in die finaal van die PUK-reeks.
Baie geluk aan Hoërskool Riebeeckrand vir hierdie uitmuntende prestasie.