School sportSport

Riebeeckrand eindig algeheel vyfde in PUK-reeks

Daar het 15 skole in Potchefstroom meegeding, en Hoërskool Riebeeckrand is baie trots daarop dat hulle vyfde geëindig het.

Hoërskool Riebeeckrand het uitgeblink tydens vanjaar se finaal van die PUK-reeks wat van Vrydag, 22 tot Saterdag, 23 April aangebied is.

Riebeeckrand het op verskeie vlakke presteer, soos in rugby, hokkie, netbal asook skaak.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat hul o.16-rugbyspan aangewys is as die wenners van die 0.16 PUK-reeks.

Daar het 15 skole in Potchefstroom meegeding, en Hoërskool Riebeeckrand is baie trots daarop dat hulle uit al daardie skole vyfde geëindig het in die finaal van die PUK-reeks.

Baie geluk aan Hoërskool Riebeeckrand vir hierdie uitmuntende prestasie.

Die resultate van die PUK reeks finaal. Foto ingestuur.
Devon Tromp en Stephan Earle, afrigters van die o.16-rugbyspan. Foto ingestuur.
Michael Croukamp beplan sy volgende skuif. Foto ingestuur.
Riebeeckrand se hokkieseuns in aksie. Foto ingestuur.
Die eerstenetbalspan van Hoërskool Riebeeckrand in aksie. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button