Local sportSport

Jan-Hendrik jou yster!

Randfonteiner voltooi eerste volledige Ysterman-kompetisie in 12 uur en 34 minute.

‘n Randfonteiner wat nooit regtig ‘n baie aktiewe persoon was nie het onlangs homself en ander verkeerd bewys deur sy eerste volledige Ysterman-kompetisie te voltooi.

Die 36-jarige Jan-Hendrik Visser het vertel dat die Ysterman ‘n driekamp was wat 3,8km swem, 180km fietsry en 42,2km hardloop ingesluit het – alles moes binne 18 uur op dieselfde dag voltooi word.

Hierdie groot kompetisie het op Sondag, 3 April in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasgevind.

Hy het verduidelik dat hy besluit het om daaraan deel te neem omdat hy ‘n sportsoort gesoek het wat vir hom ‘n heel ander uitdaging sou bied wat hy nog glad nie gehad het nie.

In 2019 was my missie om ‘n halwe Ysterman te doen. Ek het dit voltooi maar daarna het ek ‘n groter uitdaging gesoek.”

Volgens Jan-Hendrik is hierdie een van die grootste driekampkompetisies, en die bekendste. Hy het vertel dat hoe meer tyd jy jouself gee om daarvoor voor te berei, hoe beter.

“Jy leer jouself ken – hoe sterk jy kan wees op die fiets, en hoe vinnig jy kan hardloop oor ‘n lang afstand. Jy moet ‘n hele paar afstande insit om dit vir jou op die dag van die kompetisie so gemaklik as moontlik te laat voel.”

Hy het verduidelik dat hy vir ses maande geoefen het vir die Ysterman, hoewel hy reeds fiks was voor hy met sy oefenprogram begin het.

Jan-Hendrik Visser tydens die 42,2km-hardloopgedeelte van die Ysterman-kompetisie. Foto ingestuur.

Die swemgedeelte van die Ysterman is ongelukkig gekanselleer omdat die see ontsettend rof was maar Jan-Hendrik het die fietsry en hardloop in 12 uur en 34 minute voltooi. Sy mikpunt was 14 uur, en as die swem ingesluit was is dit omtrent waar hy sou eindig.

Volgens hom word daar die aand voor die tyd amper nie geslaap nie en jy wonder of jy genoeg gedoen het. Die dag van die kompetisie begin jou lyf net weet wat om te doen. Jou kop doen die beplanning, maar jou hart wil voluit gaan en dit teen volspoed doen – dit is vir hom ‘n ongelooflike gevoel.

Ek dink die reis om daar te kom is die amazing deel; soms voel jy die wind is baie erg en jy het natgereën en dis koud. Maar dan dink jy aan die maande se voorbereiding en sê vir jouself, ‘kom-kom, nog net so ‘n bietjie verder dan dink ons weer hieroor’, en as jy oor die lyn hardloop en jy besef wat jy vermag het, is dit ongelooflik.

Jan-Hendrik glo dat ‘n belangrike vereiste vir so ‘n kompetisie ‘n goeie ondersteuningsnetwerk is. Hy het so reeds ongelooflike mense met die wêreld se kennis ontmoet.

Hy het gesê dat hy graag volgende jaar nog iemand wil inspireer om saam so ‘n “selfvind-geleentheid’ aan te pak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button