School sportSport

Riebeeckrand-rugbyspelers gekies om in Italië te toer

Pieter Jordaan en Pitso Lefosa is vir die span Italië toe gekies tydens die Mauritz Hansen Rugbyweek in Naboomspruit.

Hoërskool Riebeeckrand is trots op twee rugbyspelers wat gekies is om in Italië te gaan rugby speel.

Graad 11-leerders Pieter Jordaan en Pitso Lefosa – albei 17 jaar oud – is vir die span gekies tydens die Mauritz Hansen Rugbyweek wat van Dinsdag, 22 Maart tot Saterdag, 26 Maart in Naboomspruit (Mookgophong) gehou is.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat slegs 15 spelers uit 83 spanne tot die span verkies is.

Die toer na Italië vind gedurende die September/ Oktober-skoolvakansie plaas.

Ons is baie trots op hierdie twee seuns wat gekies is vir hierdie groot geleentheid.”

Related Articles

Back to top button