Teine begin vrouerugbyspan

Rugby by die Randfontein Rugbyklub is nie meer net vir die mans nie – die dames kan ook nou kom speel.

By die Randfontein Rugbyklub is rugby speel nou nie meer net vir die manne beskore nie – daar is nou ook vrouerugby!

Dames, dit is nou jul kans om die manne te wys hoe dit gedoen word, want die #Teinegirls is reg om alle dames te verwelkom wat wil rugby speel en ontslae raak van daardie daaglikse stres.

Direkteur van Rugby en hulpafrigter van die vroue, Hennie van Eck het vertel dat die vroue so ‘n massiewe ondersteuningsrol by die Randfontein Rugbyklub speel, en dat dit net ‘n formaliteit is dat hulle ook ‘n kans kry om te wys waartoe hulle in staat is.

Daar is beslis belangstelling in die dorp en wie weet, dalk lewer ons klub ‘n Leeus-vrouespeler op,” het hy gesê.

Hennie het verduidelik dat hul mikpunt is om ‘n kompeterende span in te skryf vir die Leeus Sewes-toernooi wat voeg in Julie aangebied word.

“Ons wil alle dames uitdaag om te kom probeer rugby speel.”

Die vroue se eerste oefening vind plaas op Woensdag, 6 April om 18:30.

Lees die volledige berig in hierdie week se Herald (8 April).

Rachelle du Plessis gooi die bal vir Melanie Cronje. Foto: Michelle Roodt.
(Agter): Lulu Kleyn (Klubbestuurder), Ian van Wyk (afrigter), Hennie van Eck (Direkteur van Rugby en hulpafrigter).
(Voor): Melanie Cronje, Phiasje Combrink en Rachelle du Plessis. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version