Local sportSport

Rolbal is vir almal, vra maar dié jong vroue

'Rolbal is amper soos om weg te breek van realiteit, om te ontspan en jouself te geniet'.

Rolbal is beslis nie net vir die ouer garde nie, soos twee jong rolbalspelers reeds bewys het.

Leila Snyman, 17 en Sunè Scheepers, 20 neem al twee aan die Sables Ladies Singles-toernooi deel en speel teen vroue veel ouer as hulle, maar albei geniet elke oomblik daarvan.

Leila speel al vir die afgelope vyf jaar rolbal. “Ek voel meer jonger mense moet begin speel want dit is ‘n sport vir alle ouderdomme en jy kan baie vêr kom met die sport; jy kan selfs ‘n Springbok word.”

Verlede Augustus was sy derde in haar o.20-ouderdomsgroep in Gauteng en spog selfs met haar provinsiale kleure.

Sunè het vertel dat sy rolbal geniet omdat sy voel sy breek weg van die realiteit, en dit laat haar ontspan en haarself geniet.

Ek dink nie jonger mense verstaan die punt van rolbal nie; dit is eintlik soos enige ander sport, enige iemand kan dit geniet. Ek dink jong mense sal dit geniet om weg te kom en om op iets anders te fokus.”

Hierdie twee rolbalspelers wil ander jonges in die gemeenskap uitdaag om ook deel te word van hierdie wonderlike en lekker sport.

Related Articles

Back to top button