Local sportSport

Teine wen Wes-Randse wisseltrofee teen Khosa

Die Randfontein Rugbyklub het tydens hul ligakragmeting teen Khosa drie van hul vier wedstryde gewen en met die wisseltrofee weggestap.

‘n Begeesterde Randfontein Rugbyklub het Khosa Rugbyklub tydens die tweede ligakragmeting van die seisoen aangedurf.

Lees ook: Teine baas teen Germiston in eerste ligawedstryd van 2022

In die wedstryd wat op Saterdag, 12 Maart plaasgevind het, het die Teine gewys waartoe hulle in staat is toe hulle drie van hul vier wedstryde teen Khosa se rugbyspanne gewen het.

Die Teine se eerstespan het wonderlik gevaar en was ekstasies toe hulle met die Wes-Randse wisseltrofee huis toe is.

Randfontein Rugbyklub se Direkteur van Rugby, Hennie van Eck het vertel dat die wedstryd kliphard was en gekenmerk is deur harde duikslae en stormlopies deur beide spanne.

Die uitslae is soos volg:

• Teine se o.20’s wen 26–14
• Teine se derdes verloor 7–29
• Teine se tweedes wen 36–8
• Teine se eerstes wen 17–10 en verower die wisseltrofee

Die Teine se eerstespan met die wisseltrofee. Foto ingestuur.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button