Local sportSport

Eagles se Willie gekies vir SA-span by Statebondspele

'Eagles Stoeiklub is baie opgewonde oor sy prestasie' – klub na hoofafrigter gekies is vir SA-span by Statebondspele.

Hoofafrigter van die Eagles Stoeiklub, Willie Steenkamp, is onlangs gekies om Suid-Afrika by die Statebondspele in Pretoria te verteenwoordig.

Die 29-jarige Willie is in Oktober vir die Suid-Afrikaanse span gekies.

Lees ook: Hoekom stoei? Eagles se Willie verduidelik

Este Steenkamp, klubbemarker en ‘n spanbestuurder het vertel dat die Statebondspele van Vrydag, Desember 3 tot Sondag, Desember 5 by die Heartfelt Arena plaasvind waar internasionale spanne ook gaan deelneem.

Sy het vertel dat Willie gekies is om in die Grieks-Romeinse styl in die seniorkategorie en 87kg-gewigsgroep te stoei.

Eagles Stoeiklub is baie opgewonde oor sy prestasie. Willie is ‘n goeie voorbeeld vir ons stoeiers wat graag in sy voetspore wil volg. Ons sien beslis uit na als wat voorlê,” het Este gesê.

Willie het vertel dat hy self in die sewende hemel is en hard oefen om sy stempel teen die beste af te druk.

“Ek is positief vanweë al die harde werk wat ek die afgelope maand ingesit het,” het hy vertel.

Related Articles

Back to top button