Local sportSport

Groot kriekethoogtes vir Magdaleen Ernst

Laerskool Randfontein spog met hul briljante dogters-krieketspeler, die 11-jarige Magdaleen Ernst.

Een leerder van Laerskool Randfontein is glad nie bang vir ‘n uitdaging in krieket nie. Sy sal ook seuns laat skaam kry met die aantal lopies wat sy slaan en paaltjies wat sy neem.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan vertel dat die 11-jarige Magdaleen Ernst vir die derde jaar in ‘n ry in die Sentraal-Gautengse Dogterskrieketspan ingesluit is.

“Dit is nie sommer net enige span nie, sy is een van 28 dogters van regoor Gauteng wat in die Leeus Dogters o.13 Talentspan opgeneem is. Hierdie span fokus daarop om die dogters se talent te ontwikkel en die gehalte van krieketspelers te verbeter,” het Annie gesê.

Daar gaan in Oktober en November hard geoefen word by Steyn City School, en Annie het vertel dat Magdaleen baie daarna uitsien en nie kan wag om saam met die ander dogterkrieketspelers te oefen en te speel nie.

“Sy het ook tydens die Oktobervakansie aan die Gauteng-Wes Kriekettoernooi deelgeneem waar sy haar staal gewys het.”

Laerskool Randfontein se personeel en leerders is baie trots op Magdaleen en verwag nog groot hoogtes van haar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button