Local sportSport

Teine verwelkom nuwe direkteur van rugby en eerstespanafrigter

Randfontein Rugbyklub sien uit na wat die toekoms vir hulle inhou nadat 'n nuwe direkteur van rugby en eerstespanafrigter bekendgemaak is.

Daar is onlangs verskeie veranderinge by Randfontein Rugbyklub aangebring en die klub sien uit na die toekoms.

Volgens klubbestuurder Lulu Kleyn het die klubkomitee, onder leiding van Johan Cronje, die spelers bymekaar geroep om die veranderinge en nuwe strukture op Dinsdag, 7 September bekend te maak.

Hennie van Eck is as die nuwe Direkteur van Rugby tot en met die einde van 2021 aangewys; Willem van Loggerenberg is die nuwe hoofafrigter van die eerstespan; Hennie van Eck is die assistentafrigter; en Jannie van Loggerenberg is die spanbestuurder.

“Ons groet ongelukkig vir Willie Marx en bedank hom vir sy bydrae,” het Lulu gesê.

Theo Calitz en Matt van Zyl rig nou die tweedespan af, met Lesley Koekemoer as die assistentafrigter.

“Ons o.20-span staan nog sterk saam met afrigters Ockert Esterhuizen en Jan Kleyn, met Frik Viviers as die spanbestuurder.”

Hennie van Eck, nuwe Direkteur van Rugby en Willem van Loggerenberg, nuwe hoofafrigter van die eerstespan. Foto: Michelle Roodt.

Sy het met baie entoesiasme vertel dat die gees wat onder die spelers en komitee heers baie positief is en dat die klub daagliks groei.

Oefeninge is tans op Dinsdae en Donderdae van 18:30 tot 20:00 by Randfontein Rugbyklub. Enigiemand is welkom.

Related Articles

Back to top button