Local sportSport

Hengelaars laat die rekords spat

Die Wesrand Hengelklub is besonder bedrywig. Hulle het skaars die vorige seisoen se nuwe rekords gevier toe stel hulle nuwes op.

Die Wesrand Hengelklub het onlangs hul 2020/ 2021-seisoen op ‘n gepaste afgesluit en sommer hul 2021/ 2022-seisoen afgeskop.

Op 21 Augustus het klublede by Sterkfontein Heritage Lodge bymekaar gekom vir hul prysuitdeling.

Miguel Menino het ‘n nuwe persoonlike beste behaal toe hy dié 4,18kg-karp gevang het.

Anja Meyer het vertel dat hulle die afgelope seisoen by nege oewers gehengel het en elke keer tussen 18 en 378 visse vir die dag uitgetrek het. Daar is altesaam 1 401 visse tydens die seisoen gevang en veilig terugbesorg.

Die seisoen het ook heelwat nuwe rekords opgelewer. Een van hulle was Hennie Vermaak s’n toe hy ‘n 10,6kg-baber gevang het. Magda Opperman het ook met ‘n trofee weggestap vir ‘n rekord wat sy opgestel het toe sy by Wilgedraai ‘n grootbekgeelvis van 2,605kg uitgetrek het.

Al die trofeë wat by die prysuitdeling uitgedeel is. Fotos: Verskaf.

Op 18 September het die lede weer hul bakkies gepak en by Moolmans langs die Vaaldam gaan hengel. Die lede het teen 7:00 reeds die eerste lyne natgemaak en toe die toeter teen 15:00 die einde van die dag aankondig, het die 28 lede reeds altesaam 135 visse gevang – en boonop 11 rekords opgestel.

Zack Vermaak se 10,309kg-graskarp.

Indien jy wil deel wees van hierdie hengelfamilie kan jy gerus vir Anja skakel by 076 729 2801 vir meer inligting.

Norbert Farkas het ‘n 9,6kg-baber uitgetrek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button