Local sportSport

Christo en Ashton haal Goue Leeus Red Squad boonop as kapteins

Christo Collins en Ashton Potgieter is gekies vir die Gauteng Leeus se Red Squad.

Laerskool Rapportryer spog met twee leerders, Christo Collins (o.12) en Ashton Potgieter (o.13) wat deel is van die Gauteng Leeus se Red Squad. Die twee seuns is ook aangewys as die kapteins van hul onderskeie Goue Leeus-spanne.

Skoolwoordvoerder Esmè Botha het vertel dat al is baie van die proewe by Randwes en Gauteng-Wes deur die nuwe vlaag Covid-19 getref en rugbywedstryde afgestel moes word, was daar goeie nuus en is die Gauteng Leeus se Red Squad na die Julie-skoolvakansie aangekondig.

Sy het verduidelik dat spelers van regoor Gauteng aan proewe deelgeneem het maar dat slegs 45 gekies word om die Red Squad te verteenwoordig.

“Rappies is baie trots op hierdie seuns en wens hulle ‘n goeie seisoen toe,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button