Local sportSport

Paartjies wys hoe fiks hulle is

Twaalf pare het deelgeneem aan 'n fiksheidskompetisie wat oor twee dae gestrek het.

Vertro Functional Fitness and Revelation Fitness het op Saterdag, 29 en Sondag, 30 Mei hul Inhouse Couples-kompetisie gehad.

Lucinda Broodryk, een van die organiseerders asook een van die afrigters het vertel dat hulle deurentyd atlete uitdaag om hulle volle potentiaal te ontdek, soos met hierdie tipe kompetisie.

“Die kompetisie het paartjies die geleentheid gegee om as ‘n span die beste saam te presteer en mekaar te dra.”

Sy het vertel dat al 12 pare aan die eerste en tweede byeenkoms deelgeneem het waarna vier pare na die finaal deurgedring het. ‘n Wenner is toe gekies.

Candace Holmes. Foto: Anna Spoelstra.

“Die kompetisie is so opgestel om die pare se fiksheid, sterkte, uithouvermoë en tegniek algeheel te toets. Dit is hoekom die pare ‘n klomp verskillende oefeninge moes doen. Elke paar moes ook ‘n spannaam kies asook volgens ‘n tema aantrek.”

Die uitslae was soos volg:

• Eerste – Alberto Nero en Candace Holmes
• Tweede – Francois en Juanita Fouche
• Derde – Michelle en Perrie Senekal
• Vierde – Tiaan van Wyk en Veronica Pienaar, wat ook aangewys is as die Paar van die Naweek

Related Articles

Back to top button