Local sportSport

Sewe Ram-rugbyspelers haal Goue Leeus-proewe

Sewe seuns van Ram is nie net opgeneem in die Weskliniekespanne nie maar almal het na die Goue Leeus se rugbyproewe deurgedring.

Rugby is belangrik by Laerskool Randfontein en die skool se o.12- en o.13- rugbyseuns het onlangs aan die proewe vir die Weskliniekespanne deelgeneem.

Ses skole van Randfontein, Westonaria en die Krugersdorp-streek was betrokke.

Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het vertel dat hulle as ‘n skool baie trots is op sewe van hul seuns wat nie net opgeneem is in die Weskliniekespanne nie, maar almal deurgedring het om aan die Goue Leeus se rugbyproewe deel te neem.

Die o.12’s in die Weskliniekespanne:

• Heinrich Basch
• Aphile Maseko
• Ethan Williams

Die o.13’s in die Weskliniekespanne:

• Dian Taljaard
• Ntando Lamola
• Tristan Rodrigues
• Theunis Nel

Sy het vertel dat die sewe seuns ‘n natuurlike rugbytalent het wat ontwikkel en verskerp word in die Weskliniekespanne.

“Die hoof en personeel van Ram glo dat die seuns op die drumpel van ‘n fantastiese rugbyloopbaan staan,” het Annie vertel.

Related Articles

Back to top button