Local sportSport

Oval hou sy vyfde byeenkoms vir 2021

Die uitslae van die Oval se onlangse Most Wanted-byeenkoms is ...

Die wiele het onlangs weer behoorlik getol toe die Randfontein Oval Raceway hul Most Wanted-byeenkoms aangebied het .

Die byeenkoms het op Saterdag, 29 Mei plaasgevind en was die vyfde tot dusver vanjaar.

Danie de Bruyn en Eduan Nell was uitblinkers in die Stockrods. Foto: Leo Photography.

“Dit was vir ons ‘n fantastiese byeenkoms omdat ons verskeie nuwe ontwikkelings het, soos live streaming, asook die SA’s wat een van die dae plaasvind,” het Marilize Coetzee, bemarker van die Oval Raceway vertel.

Die uitslae van die byeenkoms was soos volg:

2100’s:

• Eerste – Shaun Bezuidenhout
• Tweede – Hendrik van der Merwe
• Derde – Wynand Vos

Rookies:

• Eerste – Johnny Adlem Jnr
• Tweede – Melissa Wolf
• Derde – Justin Bouwer

Hotrods:

• Eerste – Hendrik van der Merwe
• Tweede – Reinhold Duvenhage
• Derde – Willie Nysschen

Stockrods:

• Eerste – Danie de Bruyn
• Tweede – JD Willemse (Tar) en Eduan Nell
• Derde – Quintin Sykes

1660’s:

• Eerste – Sam East
• Tweede – Jacques Venter
• Derde – Gary Stacey

Flexis:

• Eerste – Pierre Lubbe
• Tweede – Martin Nel Jnr

Kiddies:

• Eerste – Gavin East

Bestuurder van die Dag:

• Eduan Nell

Martin Nel en Pierre Lubbe was baas in die Flexis. Foto: Leo Photography.
Melissa Wolf, Johnny Adlem en Justin Bouwer het in die Rookies-afdeling koning gekraai. Foto: Leo Photography.
Reinhold Duvenhage, Hendrik van der Merwe en Willie Nysschen was baas in die Hotrods. Foto: Leo Photography.
Wynand Vos, Shaun Bezuidenhout en Hendrik van der Merwe het laat wiel in die 2100’s. Foto: Leo Photography.
Eduan Nell en Quintin Sykes het goed gevaar in die Stockrods. Foto: Leo Photography.
Sam East en Jacques Venter het uitgeblink in die 1660’s. Foto: Leo Photography.

Related Articles

Back to top button