Local sportSport

Twee Riebeeckranders woon nasionale jukskeikliniek by

Q’hanri Nel en Michael Croukamp van Hoërskool Riebeeckrand is twee van net 61 leerders wat landswyd gekies is om 'n nasionale jukskeiklinkiek by te woon.

Twee leerders van Hoërskool Riebeeckrand is deur Jukskei Suid-Afrika genooi na ‘n nasionale jukskeiklinkiek by Camp Discovery in Limpopo van 19 tot 22 Maart.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat dit ‘n besonderse prestasie is vir Q’hanri Nel en Michael Croukamp omdat daar net 61 leerders gekies is om die kliniek by te woon.

“Die skool se jukskeileerders vaar elke jaar uitstekend. In 2020 is 10 leerders van Hoërskool Riebeeckrand in die Wes-Randse jukskeispan opgeneem. Hulle het ook aan die SA-kampioenskappe deelgeneem, en twee leerders is in die Suid-Afrikaanse A-spanne opgeneem,” het Elzeri vertel.

Die skool is baie opgewonde is om te sien watter hoogtes hul leerders in 2021 gaan bereik.

Related Articles

Back to top button