Local sportSport

Oefening by die Teine skop af

Nadat hul rugbyvelde vir byna 'n jaar verlate was, is die Randfontein Rugbyklub-spelers weer reg om hul tokse aan te trek.

Vir amper ‘n jaar was die velde by die Randfontein Rugbyklub verlate weens die toepassing van Covid-19 regulasies.

Daar is deesdae stadig maar seker weer bedrywighede by die Greenhills Sportstadion. Lulu Kleyn, klubbestuurder, het vertel dat hulle as klub verskriklik opgewonde is omdat die spelers weer mag oefen aangesien hulle in Maart 2020 laas op die veld was.

Die kluboefeninge bestaan uit vier weke van fiksheid en kondisionering waartydens spelers glad nie mag kontak maak nie. In die volgende vier weke sal daar geleidelik teruggekeer word na kontak met die gebruik van stampkussings, duiksakke en keëls wat voor en na die tyd ontsmet moet word. Hulle wag nog dat die Unie vir hulle moontlike datums vir wedstryde sal gee.

Die klub beoog ook om ‘n damespan op die been te bring en meer inligting sal deurgegee word wanneer ons meer inligting het,” het Lulu vertel.

Frans Vorster, direkteur van rugby asook die tweedespan se hoofafrigter en Covid-19 nakomingsbestuurder het vertel dat hulle die Randfontein Rugbyklub weer wil bou tot een van die sterkste oop klubs in die Pirates Groot Uitdaagreeks.

Hulle wil die spelers fiks, gesond en vaardig kry om hierdie doelwit te bereik.

“Ons het altyd spelers nodig en almal word vriendelik uitgenooi om te kom aansluit by ‘n dinamiese klub waar alle spelers sowel as die klub se belange op die hart gedra word,” het hy gesê.

Oefeninge vind op Dinsdae en Donderdae van 6.15nm tot 8nm plaas.

Related Articles

Back to top button