Local sportSport

Geen atletiek: ‘Dis ‘n bose kringloop’

'Ek is moedeloos want atlete verloor so baie' – atletiekorganiseerder.

Met alle atletiekaktiwiteite wat tot minstens 7 Februarie uitgestel is as gevolg van Covid-19 staan nie net atlete met hul hande in hul hare nie maar afrigters ook.

Rickus Kruger, atletiekorganiseerder by Laerskool Randfontein (Ram) is een van daardie onderwysers.

Hy het die Herald vertel dat die Covid-19 pandemie dit moeilik gaan maak om deel te neem en byeenkomste te hou as gevolg van streng regulasies. Indien daar byeenkomste sou plaasvind, sal daar geen toeskouers mag wees nie en atlete sal per item beperk wees.

“Apparate sal ook konstant tydens byeenkomste ontsmet moet word en atlete sal moet maskers dra en dit slegs afhaal wanneer hulle aan hul items deelneem.”

Rickus is moedeloos en het vertel dat die atlete die ergste geraak word.

So baie beplanning en tyd word in atlete se programme ingesit en die huidige omstandighede belemmer die atlete se groei en ontwikkeling.”

Hy het vertel dat atletiek die kern van skolesport is, en hy glo dat atlete die atletiek baie mis.

“Jou beste rugby- en netbalspelers is gewoonlik goeie atlete, dus is dit ‘n bose kringloop. Geen atletiek lei nou na ‘n moeilike rugby- en netbalseisoen.”

Rickus Kruger, atletiekorganiseerder by Laerskool Randfontein. Foto: Michelle Roodt.

Volgens Rickus rig hy nog sy atlete af maar dit verg streng beplanning en bied heelwat uitdagings omdat hulle by die reëls moet hou en net ‘n beperkte aantal atlete die oefening mag bywoon.

Hy het bevestig dat die pandemie nie net ‘n negatiewe impak op die ontwikkeling van atlete het nie, maar ook op die sosiale lewe van die leerders.

Dit is moeilik om vir atlete tuisprogramme te gee omdat 90 persent van hulle program uit hardloopaktiwiteite bestaan, maar hoë intensiteit intervaloefening help met die kardiovaskulêre gedeelte en ontwikkeling van die atleet.”

Volgens hom is dit gewoonlik oefeninge soos hurkspronge, rektreë en burpees wat in ‘n reeks gedoen word.

Rickus het afgesluit deur te sê, “Daar is nog onsekerheid oor die atletiek maar ons glo dat dit wel later in die jaar sal plaasvind”.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button