Local sportSport

Jong boksers onder Sakkie se vlerk

Man van amper 70 leer steeds die jonger generasie boks.

Op die ouderdom van 67 is Izak (Sakkie) Brandow steeds besig om ‘n verskil in kinders se lewens te maak.

Izak was ‘n amateurbokser toe hy jonger was en moes op ‘n dag die keuse maak om óf professioneel te boks óf om alles te los en sy passie te volg – om kinders te help.

Hy het toe besluit om terug te ploeg in die sport en kinders af te rig.

Ek boks sedert ek vyf was toe ek, my ma en my broers in Burgershoop, Krugersdorp-Wes gewoon het. As jy daardie jare winkel toe geloop het was daar altyd kinders wat moeilikheid gesoek het, daarom het ek begin boks om myself te kan verdedig as ek moes.”

Volgens Izak leer hy nog steeds vir sy studente die roetine wat hy destyds geleer is.

Sakkie saam met ‘n paar van die kinders wat hy afrig.

“Mens moet mooi werk met vandag se jong generasie. Boks haal daardie aggressie uit hulle uit.”

Hy het vertel dat dit lekker is om te sien hoe opgewonde die jonges is om te leer boks. 

Op die oomblik help Izak uit by klubs en rig omtrent agt kinders minstens twee keer ‘n week af.

Hy noem ook dat boks die kinders dissipline, natuurlik selfverdediging en respek leer. Om te kan boks verg ook baie fiksheid.

As hulle ooit in ‘n moeilike situasie beland kan hulle ten minste hulself verdedig.”

Related Articles

Back to top button