Local sportSport

Gholfdag vir ‘n goeie doel

Vanjaar is #girlstuff die organisasie wat die Randfontein en Krugersdorp Pageants gekies het om te help.

Randfontein en Krugersdorp Pageants het op Vrydag, 2 Oktober hul jaarlikse gholfdag in Krugersdorp gehou.

Volgens Janine Ferreira, direkteur van Randfontein en Krugersdorp Pageants word daar jaarliks ‘n gholfdag gehou met die naam ‘Beauty on the Greens’ wat ‘n fondsinsameling is vir ‘n liefdadigheidsorganisasie.

Tommie Miller, Eben Gonsalves en Tiaan du Plooy. Foto: Michelle Roodt.

Sy het vertel dat daar elke jaar ‘n ander organisasie gekies word om te help.

“Vanjaar het ons #girlstuff gekies, ‘n organisasie wat oral aan die Wes-Rand bedrywig is, omdat ons deur die inperkingstyd besef het watter groot nood daar is.

Ons wil meisies help om byvoorbeeld ‘n nuwe paar skoene te koop vir ‘n werksonderhoud. Ons gee ook grimering vir die meisies wat dit dalk nie kan bekostig nie,” het Janine verduidelik.

Janine Ferreira en Adele Wotherspoon, direkteure van Randfontein en Krugersdorp Pageants. Foto: Michelle Roodt.

‘n Splinternuwe Toyota Starlet 1.4 Xi MT, geborg deur Monument Toyota Randfontein, kon ook gewen word as ‘n speler by die sesde putjie ‘n kolhou sou slaan. Ongelukkig het niemand die motor gewen nie.

“Dit was ‘n lekker inisiatief om die gholfdag meer opwindend te maak,” het Janine afgesluit.

Tiaan du Plessis en Annelie Davis van Monument Toyota Randfontein wat die kar geborg het. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button