Local sportMotoringSport

Van jongs af lief vir motors

Hy bou al die afgelope vyf jaar aan 'n 1983 RWD Toyota Corolla met 'n 3.0 liter 2JZ-GTE Supra-enjin.

Ivan Nolan, 33, het nog altyd ‘n liefde vir spoed en motors gehad.

Hy het sedert hy op skool was gereeld sy pa met sy motors gehelp en selfs sy eie sleeprenmotors begin bou.

“Ek hou van ouergenerasie-motors maar met die spoed van die nuwegenerasie-motors,” het hy verduidelik.

Ivan Nolan bou al die afgelope vyf jaar aan sy 1983 RWD Toyota Corolla. Foto: Michelle Roodt.

Ivan het vertel dat een van sy stokperdjies is om motors op te bou.

“Een van my gunstelingmotors wat ek al gebou het is ‘n Nissan 1400 Turbo-bakkie omdat die bakkie se enjin klein was, maar dieselfde wringkrag gehad het as baie ander soortgelyke sleeprenbakkies met groter enjins.

Ivan Nolan bou al die afgelope vyf jaar aan sy 1983 RWD Toyota Corolla. Foto: Michelle Roodt.

“Dit neem gewoonlik tussen ‘n jaar en vyf jaar om ‘n kar tot ‘n sleeprenmotor op te bou omdat dit afhang van finansies, asook die hoeveelheid tyd wat jy in die motor moet insit,” het hy vertel.

Iets wat vir hom uitstaan as hy ‘n motor klaar gebou het is die wete dat dit nie iemand anders se harde werk is nie, maar sy eie.

“Dit is nie ‘n klaar geboude motor wat jy net koop nie; dit is 90 persent my eie harde werk wat ek in die kar ingesit het.”

Die 3.0 liter 2JZ-GTE Supra-enjin. Foto: Michelle Roodt.

Hy bou al die afgelope vyf jaar aan ‘n 1983 RWD Toyota Corolla met ‘n 3.0 liter 2JZ-GTE Supra-enjin.

Hierdie motor is my trots en kry spesiale aandag en tyd. Ek kan nie wag dat sy moet klaarkom nie.”

Related Articles

Back to top button