Oval-aksie is terug

Randfontein Oval Renbaan was baie opgewonde om die wenners van hul eerste byeenkoms na die grendeltyd aan te kondig.

Na amper vyf maande het die Randfontein Oval Renbaan weer ‘n suksesvolle byeenkoms gehou.

Volgens Marilize Coetzee, een van die promotors van die Randfontein Oval Renbaan, was die drywers en hul spanne baie opgewonde om na die grendeltyd uiteindelik weer te kon deelneem. Hul gemoedstoestand was baie goed en hulle het mekaar baie ondersteun

Daar was ongelukkig geen toeskouers nie weens ons Covid-19 regulasies. Mense kon op ons Facebook-blad regstreeks daarna kyk en dit so saam met ons geniet,” het sy gesê.

Nekita du Preez op die renbaan. Foto: Pro Action Photo’s

“Ons was geseën met redelike vol klasse en dat drywers dit kon bekostig om die byeenkoms moontlik te maak. Ons gaan op 26 September weer ‘n byeenkoms hou en ons hoop om teen daardie tyd ons getroue toeskouers by die renbaan te kan verwelkom,” het sy bygevoeg. 

Sam East op die renbaan. Foto: Pro Action Photo’s

Die uitslae van die dag se wedrenne is as volg:
• 2100s: Hendrik van der Merwe (eerste); Cedric Stowe (tweede) en Mike du Toit (derde)
• 1660s: Farhaan Omar (eerste); Ruan de Lange (tweede) en Sam East (derde)
• Hotrods: Hendrik van der Merwe (eerste); Francois Pitout (tweede) en Barend du Plessis (derde)
• Rookies: Zander Liebenberg (eerste); Eduan Nel (tweede) en Thomas Terry (derde)
• Stockrods (Dirt): Pieta Pretorius (eerste); Leon Potgieter (tweede) en Nekita du Preez (derde)
• Stockrods (Tar): Morne Botha (eerste) en Corne Coetzee (tweede)

Exit mobile version