Local sportSport

Jan-Hendrik jou Yster!

Die 34-jarige het ‘n paar maande alleen geoefen voordat hy by Randmark aangesluit het. Vandag is hy een van hul beste driekampatlete.

Toe Jan-Hendrik Visser uiteindelik op die vlak was om aan sy eerste lang Ysterman-kompetisie deel te neem het Covid-19 ‘n stokkie voor sy planne gesteek.

Hy het in Januarie aan die Ironman 70.3 deelgeneem, wat beskou word as een van die oudste middelafstandkompetisies in die land, ter voorbereiding van sy heel eerste lang Ysterman-kompetisie, maar laasgenoemde kompetisie is weens Covid-19 afgestel. Die lang Ysterman behels 3,86km swem, 180,25km fietsry en 42,20km hardloop.

Die 34-jarige het ‘n paar maande alleen geoefen voordat hy by Randmark aangesluit het. Vandag is hy een van hul beste driekampatlete. Driekamp behels dat oor lang afstande gehardloop, geswem en fietsgery word, en jy neem teen tyd in jou ouderdomsgroep deel.

Ek hou van die swem, dis vir my baie maklik. Ek hou nie baie van die hardloop nie, maar ek hou daarvan om myself uit te daag. Die volle Ysterman-kompetisies kan enige iets van nege tot 15 uur neem om te voltooi, afhangend van hoe fiks jy is. Dit klink baie erg, maar hoe meer jy oefen, hoe vinniger is jou tyd.”

Hy oefen ses dae ‘n week, maar het dit rustig gevat in die grendeltyd. Jan-Hendrik het ook in hierdie tyd saam met ander lede van Randmark aan virtuele wedlope en uitdagings deelgeneem.

Jan-Hendrik Visser tydens die Ironman 70.3 in Oos-Londen in Januarie. Dit word beskou word as een van die oudste middelafstandkompetisies in die land. Foto ingestuur.

Hy is 1,97m lank, wat volgens sommige Randmark-lede vir hom ‘n groot voordeel gee.

“Ek glo nie dit gee my regtig so ‘n groot voordeel nie, maar ander sê dat dit my baie help, veral met die hardloop. Ek gee dalk groter treë, maar ek oefen net so hard soos die res. Ek was baie opgewonde om aan ‘n volle Ysterman deel te neem en ek het baie hard daarvoor geoefen, gevolglik was dit ‘n groot teleurstelling toe dit nie plaasgevind het nie.

Ek gaan wel in die toekoms weer daarvoor inskryf. Ek was dalk nog nooit eerste in kompetisies nie, maar ek het dit voltooi en dis al wat vir my saak maak. Ek kompeteer met myself en ek probeer altyd om ‘n bietjie beter te doen as die vorige keer.”

Jan-Hendrik was nie baie aktief voordat hy begin het om vir die driekamp-kompetisies te oefen nie, maar noudat hy lekker fiks is, hou hy daarvan om aan buitelugaktiwiteite deel te neem. 

Jan-Hendrik Visser tydens die Ironman 70.3 in Oos-Londen in Januarie. Dit word beskou word as een van die oudste middelafstandkompetisies in die land. Foto ingestuur.

Hy kuier ook graag saam met sy vriende en ontspan voor die TV na ‘n lang oefensessie.

Baie mense skrik wanneer hulle hoor dat ‘n driekampkompetisie tot 15 uur kan neem, maar ek gee altyd vir hulle die raad wat ek self raakgelees het – moenie dink aan die afstand of die tyd nie, kom net op die pad en hardloop vir vyf minute op ‘n slag tot jy meer kan doen.”

Related Articles

Back to top button