Laat die poppe dans

Sy is lojaal, pligsgetrou, toegewyd en kreatief, en dit word weerspieël in elke aspek van haar lewe, veral haar dansloopbaan.

Gemma Botha se liefde vir dans is aansteeklik. Sy laat selfs die moeilikste danspassies egalig en moeiteloos lyk. Dis nou wat ‘n mens talent noem!

Dié 16-jarige dans al sedert sy net twee jaar oud is en neem klasse in ballet, modern, contemporary en lyrical by Melissa Badenhorst Dance Studio wat by The Royal Academy of Dance geakkrediteer is.

Gemma Botha sê dans verg baie toewyding, opoffering, inspanning, selfdissipline en intensiteit. Foto: Anthea Pappadogiannis – Social Media Specialist.

“My gunstelingvorm van dans is definitief ballet. Dit laat my sterk en vry voel, maar ook grasieus en gesofistikeerd. Ek raak soms senuweeagtig voor ‘n optrede, maar sodra ek op die verhoog stap en die musiek begin speel, vergeet ek heeltemal van alles om my.”

Volgens haar verkeer mense onder ‘n wanindruk dat dans nie veel inspanning of harde werk verg nie, en dat dit minderwaardig is teenoor ander sportsoorte, maar sy het vertel dat dans ongelooflik baie toewyding, opoffering, inspanning, selfdissipline en intensiteit verg Wanneer sy nie op die verhoog is nie, speel sy graag netbal, doen modelwerk, of sing en speel klavier. Sy is tans ‘n Graad 4 Musiekstudent by die Universiteit van Suid-Afrika en ook ‘n Graad 10-leerder by Hoërskool Jan Viljoen. Sy is lojaal, pligsgetrou, toegewyd en kreatief, en dit word weerspieël in elke aspek van haar lewe, veral haar dansloopbaan.

Gemma Botha sê dans verg baie toewyding, opoffering, inspanning, selfdissipline en intensiteit. Foto: Anthea Pappadogiannis – Social Media Specialist.

“My grootste prestasies was algehele wenner van die danskategorie by die Randfontein Arts and Culture Association (Raca) Eisteddfod 2019; ek het gekwalifiseer as lid van die South Africa Talent Africa internasionale span in 2019; en ek het my nasionale kleure in die Uitvoerende Kunste in 2019 ontvang.”

Gemma het gesê dat die slegste deel van dans die seer tone is, maar dat dans haar laat uiting gee aan haar gevoelens en kreatiwiteit.

Gemma Botha sê dans verg baie toewyding, opoffering, inspanning, selfdissipline en intensiteit. Foto: Anthea Pappadogiannis – Social Media Specialist.

“As ek dans, voel ek vry en ek kan net myself wees. Ek leer soveel deur dans wat elke dag gebruik, soos selfdissipline en toewyding. My doelwit is om my opleiding by Royal Academy of Dance te voltooi, en om eendag op internasionale verhoë te gaan dans. Ek sal ook eendag ‘n dansonderwyseres wil wees.”

Exit mobile version