Jong man draf honderde kere om woonkompleks

Lid van Randmark en van ‘n professionele fietsryspan het onlangs 233 keer om sy woonkompleks gehardloop.

Neil Barnard, 18, van Randmark Walk, Run and Cycle Club het onlangs 233 keer om sy woonkompleks gehardloop.

Hy moes egter eers die bestuursliggaam se toestemming daarvoor kry. Dit het Neil langer as vier uur geneem en hy het 42km afgelê.

Dit is glad nie te sleg vir iemand wat drie jaar laas gehardloop het nie.

Hy het wel een keer, na ongeveer 15km, gestop vir ‘n goeie waterbreek, maar daarna het hy voluit gehardloop sonder om te stop.

Hy bedank graag almal wat hom ondersteun het, insluitend Wyatt du Plessis van PowerRace SA wat sy hardloopbril geborg het, sy vriende – onder andere Orion Craigue – en sy familie wat hom heeltyd aangemoedig het. Sy swaer, Hendrik Lingenfelder, het deurlopend vir hom water en energiejellies aangegee het.

Neil is in werklikheid lid van ‘n fietsryspan en van 1 Junie af is hy ‘n professionele fietsryer. Hy het die kompleksuitdaging aangepak om sy persoonlike beste tyd te verbeter en fiks te bly.

Ek het onlangs eers begin hardloop om ‘n blaaskans van fietsry te neem, alhoewel ek weer van volgende week af ernstig begin fietsry.”

Exit mobile version