School sportSport

Riebeeckrand se D2-atlete maak skool trots

Chiane Visagie en FG Mulder van Hoërskool Riebeeckrand presteer tydens Gauteng-atletiekkampioenskappe.

Chiane Visagie en FG Mulder van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs die D2-atletiekspan verteenwoordig tydens die Gauteng Atletiekkampioenskappe in Ruimsig.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het Chiane ‘n derde plek in verspring behaal en FG ‘n sesde plek in spiesgooi.

“Dit is voorwaar uitstekende prestasies.”

Elzeri het vertel dat Chiane en FG hul beste atletiekseisoen beleef het.

“My atletiekseisoen was dié jaar beter as ooit. Ek is in die D2-atletiekspan opgeneem en dit is die tweede keer dat ek aan die Gauteng Kampioenskappe deelneem. Ek is baie opgewonde en trots op myself,” het Chiane gesê.

FG se atletiekheld is Wayde van Niekerk.

“Hy is my inspirasie en ‘n goeie voorbeeld vir ander om altyd hard te werk en jou beste te gee. Ek werk deur die jaar baie hard want ek besef dat ek by elke byeenkoms net een geleentheid kry om my beste te gee.”

Elzeri het bygevoeg, “Die Riebeeckrand-familie wens dié twee topatlete alle sterkte toe met hul voorbereiding vir die 2021-atletiekseisoen.”

Related Articles

Back to top button