Vyf Rappies opgeneem in D2-atletiekspan

Laerskool Rapportryer-atlete op pad na Gauteng-kampioenskappe.

Laerskool Rapportryer spog met vyf leerders wat in die D2-atletiekspan opgeneem is.

Dié atlete gaan van Vrydag, 13 tot Saterdag, 14 Maart aan die Gauteng-kampioenskappe by die Ruimsig Atletiekstadion in Roodepoort deelneem.

Volgens Roleen Olivier, skoolwoordvoerder, wens Laerskool Rapportryer hulle alle sterkte toe.

“Ons weet dat hulle Rappies gaan trots maak.”

Hier is die vyf leerders wat aan die Gauteng-kampioenskappe gaan deelneem:

• Jordan Olwagen (60m)

• Ashton Potgieter (gewigstoot en verspring)

• Kaylin Rossouw (80m en 100m)

• Elisma Wilken (75m hekkies)

• Jasin Breedt (100m)

Exit mobile version