Drie o.12-netbalspelers van Laerskool Randfontein het tot die Jomo- en Gauteng proewe deurgedring.
Coraldi Beeckman, Bubu Kubeka en Dienkie Vorster het onlangs aan die D2-eindstryd vir netbal deelgeneem waar hulle toe gekies is om hul skool by die Jomo asook Gauteng-proewe later vanjaar te verteenwoordig.
“Ram is baie trots op hierdie drie dogters en wens hulle alle sterkte toe,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.